Pearl Harbor

'n Lugfoto van Pearl Harbor, met Ford Island in die middel. Die U.S.S. Arizona-monument ter herdenking aan die oorlogskip wat met 1 177 bemanningslede tydens die Japanse bomaanval in 1941 vergaan het, verskyn as 'n klein wit kolletjie aan die regterkant digby Ford Island
Die USS Arizona sink tydens die aanval

Pearl Harbor is 'n hawe op die eiland Oahu van die Amerikaanse deelstaat Hawaii en wes van die hoofstad Honolulu. Die naam "Pêrelhawe" is afgelei van die plaaslike pêreloesterbedryf wat hier tot laat in die 19de eeu gefloreer het.

Pearl Harbor word grotendeels deur die Amerikaanse Vloot as 'n militêre diepseehawe gebruik en dien ook as die hoofbasis van die Verenigde State se Stille Oseaan Vloot. Die Keiserryk van Japan se lugaanval op Pearl Harbor op 7 Desember 1941 het die Verenigde State genoop om tot die Tweede Wêreldoorlog toe te tree.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne